Dalk as ek aanhou skryf hou ek nooit op nie.
Dalk as ek huil droog my trane nooit op nie. 
Dalk as ek begin om my bergfiets te trap hou ek nooit op trap nie.
Dalk. Moes. Meskien .Wat as? As ek net….  Oor en oor en om draai en maal die vrae in my kop. As ek stop, net stop vir n peinlike oomblik fluister my hart vir my dat dalk,meskien,as net en wat as niemand al ooit gehelp het nie. Dit gaan niks verander nie. Hoekom agter toe kyk en vassit in dinge wat jy niks aan kan doen nie? My kop hoor my hart. Ek weet dis waar. Maar dan kruip moes en dalk weer sluipend in my kop in en ek trap hulle uit so veel ek kan.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.